Indien jou kerkverband die Nederlandse Geloofsbeleidenis en Heidelbergse
Kategismus onderskryf moet jy die vraag vra: – Wie is reg, die Nederlandse
Geloofsbeleidenis (NGB) of die Bybel. Glo jy die Woord van God of
verwerp jy dit deur mense en hul instellings te verhef en aan te hang bo wat God
sê.
Om bogenoemde stelling te ondersoek
kyk ons na wat sê die Bybel oor die liggaam van Christus maw Sy kerk en wat is
vervat in die NGB.
Volgens die Bybel word ons deur wedergeboorte
deel van God se kerk/liggaam
Rom12:4-5 4Want
soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking
het nie, 5so is ons almal saam een liggaam in Christus
en elkeen afsonderlik lede van mekaar.[1]
1 Corinthians
12:13 13Want
ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of
ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees
deurdronge.[2]
Colossians 1:13 13Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring
het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,[3]
Ezekiel 36:24-27 24En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al
die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.
25Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul
onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
26En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van
vlees gee.
27En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou
en doen.[4]
Joh 3:3-5 3Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir
jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die
koninkryk van God nie sien nie….. 5Jesus antwoord: Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan
hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.[5]
Rom
8:9
9julle is egter nie in
die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle
woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie,
dié behoort nie aan Hom nie[6]
MAW God doen dit en nie ons nie.
In teenstelling daarmee beskryf
Artikel 34 van NGB dit as volg:
“dat ons deur die doop opgeneem word
in die kerk/liggaam/gemeente van God om heeltemal sy eiendom te wees. “Deur die doop word ons in die kerk van God opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde godsdienste
afgesonder om heeltemaal sy eiendom te wees”
Bogenoemde word ook ondersteun deur
Die Heidelbergse Kategusmis:
Vraag 74: Moet
die jong kinders ook gedoop word ?[7]
Antwoord: “….Daarom moet hulle ook
deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van
die kinders van die ongelowiges onderskei word. So is dit in die Ou Verbond
deur die besnydenis gedoen, in die plek waarvan in die Nuwe Verbond die doop
ingestel is.”[8]
Die Bybel verklaar egter ons moet in
God/Christus glo dan word ons wedergebore (hoe dit gebeur is die misterie, maar
dit is uit God, van God, deur God en tot God) dan eers het ons die Gees van
Christus. Dan eers behoort ons aan Hom en nie enige menslike handeling soos
doop kan jou deel maak van Sy liggaam nie.
Die voorafgaande stelling in die Nederlandse
Geloofsbelydenis moet ook ondersoek word om vas te stel of dit wel in die Bybel
verskyn: “Ons glo dat Jesus Christus, wat die einde van die wet is, deur sy bloed
te stort ’n einde gemaak het aan elke ander bloedvergieting wat
die mens tot versoening of voldoening van die sondes sou kan of wil
aanbied. Hy het die besnydenis wat met bloed gepaard gegaan het, afgeskaf en
in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel”
Die eerste vraag is – alhoewel die
besnydenis met bloed gepaard gegaan het, was die bloed van die besnydenis ooit
aangebied as versoening of voldoening van sondes in die Ou Testament?
Die Abrahamitiese verbond in Gen
17:1-19 is die besnydenis ingestel as ‘n teken vir die volgende:
- 4Wat
My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte
van nasies word.[9](Word
hier bevestig wat in Gen 12:2 en Gen 13:16 deur God aan Abraham belowe is)
- 7En
Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle
geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag
ná jou.[10]
- 8En
Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die
hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees[11] (Word hier weer bevestig wat in Gen 13:14-15 en Gen15:18 deur
God aan Abraham belowe is.)
Die Verbond aan Abraham word bevestig
aan Isak in Gen 26:3-4 en ook met Jakom in Gen 28:13-14
MAW die verbond is ‘n ewige vebond
tussen God en Abraham/Isak/Jakob en hulle nageslag (die volk Israel) om vir
hulle ‘n God te wees en hulle Sy volk, dat die hele land Kanaan‘n ewige
besitting vir hulle sal wees en dat Abraham ‘n vader van menige nasies sal
word.
Dit is belangrik om daarop te let dat
in geen stadium was die bloed van die besnydenis aangebied as voldoening of
versoening vir sonde nie. Dit word nie in
die Bybel gevind nie.
Die NGB gaan verder en maak die
stelling dat kindertjies gedoop moet word om hulle met die teken van die
verbond te beseël soos die kindertjies in Israel kragtens
dieselfde belofte besny is:“Ons glo daarenteen dat ons hulle
behoort te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die
kindertjies in Israel kragtens dieselfde belofte besny is as wat aan ons
kinders gemaak is.”
MAW deur die
kindertjies te doop het dieselfde betekenis as die besnydenis en maak die
gedoopte deel van God se volk. Wat is dit anders as die ou verbond? As die doop
die besnydenis vervang, is dit een en dieselfde verbond al word dit die nuwe
verbond genoem. Dit kan dit egter nie wees nie want daar word ‘n nuwe verbond belowe deur God.
Esegiel 36:22-38 en Jeremia 31:31-33 31Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n
nuwe verbond sal sluit; 32nie soos die verbond wat Ek met hulle
vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit
Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék
gebieder oor hulle was, spreek die Here.
33Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel
sal sluit, spreek die Here: Ek gee
my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n
God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.[12]
MAW God se nuwe verbond is die
besnydenis van die mens se hart deur Sy Gees met wedergeboorte – Ezegiel
36:22-27. Dus kan die doop nie die teken van die nuwe verbond wees nie.
Soos die ou verbond se besnydenis en die wet die kinders van Israel van die
heidene onderskei het so onderskei die besnydenis van die hart ons van die
ongelowiges. Daar is duidelik ‘n verskil in die persoon wat van die wêreld is
en ‘n persoon wat van God gebore is.(‘n persoon wat God/Christus se Gees in hom
het).
Verder verklaar die NGB dat “Paulus
die doop die besnydenis deur Christus noem.”
Dit word verder opgeklaar deur die Vraag en Antwoord in die Heidelbergse
Kategismus.
Vraag 71: Waar het Christus ons
belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en Gees wil was as wat ons met die
doopwater gewas word ?
Antwoord: Met die instelling van
die doop, wat soos volg lui: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matt.
28:19); en: Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo
nie, sal veroordeel word (Mark. 16:16). Hierdie belofte word ook herhaal
waar die Skrif die doop die bad van wedergeboorte en die afwassing van die
sondes noem (Tit. 3:5; Hand. 22:16).[13]
Titus 3:4-7
4Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die
mens verskyn het — 5nie op grond van die werke van geregtigheid wat
ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die
bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees 6wat
Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
7sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die
hoop van die ewige lewe.[14]
Hier
word glad nie gepraat van doop nie maar die weerspiël wat Esegiël skryf in
Hoofstuk 36:25 25Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein
kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26En
Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal
die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. 27En
Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge
wandel en my verordeninge onderhou en doen.[15] (Dit is die bad
van die wedergeboorte, nie die doop nie)
Paulus
gebruik dieselfde beeld in Efesiers 5:21:25Manne,
julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en
Homself daarvoor oorgegee het 26om dit te heilig, nadat Hy dit
gereinig het met die waterbad deur die woord,[16] Hier word nie
gepraat van doop nie maar soos die water ons skoon was, so was die Woord ons
skoon. ( Indien die Woord sê moenie steel nie dan verander ek my gedrag dat ek
nie steel nie en kan ek dit doen omdat ek God se Gees in my het.)
Om
bogenoemde stelling verder te bevestig bepaal Artikel 28 van NGB die volgende:
Artikel 28:
“Ons glo—aangesien hierdie heilige vergadering ’n versameling is van hulle
wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie—dat niemand, wat
sy stand of status ookal is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering
afsydig mag hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te
sluit en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur
hulle almal-……..”
Hoe kan ons by die kerk of liggaam van
Christus aansluit asof dit ‘n klub is, maar volgens die NGB kan ons daarby
aansluit indien ons ons laat doop. Dit is egter nie wat die Bybel sê nie, die
waarheid is, dit is ‘n werk van God wat wedergeboorte genoem word.
Vraag 2 is of die besnydenis afgestel
is deur Christus – ( Ons bring die doop nie in die vraagstuk in nie).
God het Abraham uitverkies (die
besnydenis as teken) en daarna deur die lyn van sy beloofde seun Isak en daarna
deur die lyn van Jakob (die oudste sal die jongste dien – Rom 9:11-12) daarna
deur die lyn van Juda en daarna deur die familie lyn van Isai,/Dawid – Christus
na die vlees voort gebring. Israel se doel was om Christus na die vlees voort
te bring, Christus te offer (kruisiging) en die Evangelie te verkondig en die
wêreld in te stuur na die opstanding van Christus.
Nêrens het Christus die besnydenis
afgestel nie, Israel bestaan vandag nog en sal tot in ewigheid bestaan. Die
seuntjies word vandag nog besny om aan die Abrahamitiese verbond, wat ook in
die wet by Sinai vervat is, te voldoen. Dit is ‘n ewige verbond met Israel. Paulus
skryf aan die Romeine:
Rom 11:1en verder “EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee,
stellig nie! Want ek is ook ’n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die
stam van Benjamin…..”[17]
Die liggaam van Christus of in ander woorde Sy
kerk (wedergebore mense) het nie Israel vervang nie. Ons heidene wat gered is
en Israeliete wat gered is word almal ingesluit onder geloof maar Israel staan
vas as die uitverkore volk van God en ‘n oorblyfsel word deur God uitgehou.
Rom 11:5 5Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ’n
oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.[18]
Hoe kan die Evangelie boodskap aan
Israel verkondig word indien die besnydenis hulle sou red, in die selfde terme,
hoe kan die Evangelie boodskap aan die heidene verkondig word indien die doop
(wat kwansuis in die plek van die besnydenis is) hulle sou red?
Geloof is wat
ons red (heiden of Israeliet). Joh 3:14-16
“14En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so
moet die Seun van die mens verhoog word, 15sodat elkeen wat in
Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16Want
so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat
elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan
hê.”[19]
Ons is kinders van Abraham deur die
geloof en daardeur deelagtig aan al die beloftes en seëninge, nie deur die
besnydenis of die doop nie. Gal 3:6-9
“6Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot
geregtigheid gereken.
7Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is
kinders van Abraham.”
8En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die
geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die
woorde: In jou sal al die volke geseën word.9Sodat die wat uit die
geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”[20]
Kan die ware Evangelie verkondig word
indien daar ‘n doop evangelie of verbonds evangelie is? Daar word Sondag na
Sondag gepreek vir “reeds geredde” mense, mense onder die verbond want hulle is
gedoop waar hulle eintlik verlore is en die ware evangelie moet hoor, watter
ontnugtering wag daar op julle.
Daar kan gevra word hoekom bogenoemde
my so geweldig pla en die eenvoudige antwoord is dat ek vir meer as 40 jaar
deel was van die leun. Ek was salig onbewus van die feit dat ek reguit oppad
hel toe was omdat daar vir my gepreek is ek is oppad hemel toe is, net omdat ek
gedoop en deel van die verbond is. Watter skok toe ek deur God wederbaar is en
besef dat ek heeltamal verlore was voor daardie dag. So is daar duisende van my
mede kerkgenote, vriende, broers en susters na die vlees wat vandag nog dink
alles is 100% min wetende dat hulle 100% oppad hel toe is.
Wat is die ware evangelie?
Bekeer jou van
jou dade, Glo in God, bely Jesus Christus met jou mond en glo met jou hele hart
dat God hom uit die dode opgewek het en laat jou doop en jy sal gered word.
Rom 10:8-13:8Maar
wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord
van die geloof wat ons verkondig:9As jy met jou mond die Here Jesus
bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered
word;10want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond
bely ons tot redding.11Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal
nie beskaam word nie.12Want daar is geen onderskeid tussen Jood en
Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom
aanroep.13Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered
word.[21]
Hoe weet ons ons het ware geloof? Deur
die wedergeboorte wat ‘n geskenk is van God, dit is die teken dat ons gered is.
Nie jou belofte aan die Here nie, nie jou doop nie, nie jou dominee of pastoor
wat sê jy is gered nie, nie die datum wat jy in jou bybel geskryf het toe jy
die sondaars-gebed opgesê het nie. Net God se Gees kan dit bevestig en passop
vir jou eie hart.
Natuurlike geloof (indien jy in ‘n Christelike
kerkverband groot geword het) kan die grootste struikelblok wees want jy glo
mos. Dit is ‘n kop geloof (glo met jou verstand) Jakobus 2:19 stel dit as volg: 19Jy
glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.[22]
Ek doen ‘n ernstige beroep op jou om
op die volgende skrifgedeeltes te let en die Bybel te ondersoek om die waarheid
self te vind en mag die Ewige, Almagtige, Barmhartige God deur Sy Gees jou
onvrede gee indien jy nie gered is nie en vrede en vreugde vir jou wat ‘n mede
broer of suster in Christus is.
Paulus skryf in 2 Kor 13: 5 5Ondersoek
julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie
seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie—as julle ten minste nie
verwerplik is nie![23] Ons moet ons geduring aan self ondersoek blootstel.
Johannes skryf
in 1 Joh 4:1 GELIEFDES, glo nie
elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is,
want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.[24] So moenie net glo of afwys wat ek skryf nie maar stel dit op die
proef deur die Woord van God of dit waar of vals is.
Handeling 17:11 beskryf dit baie mooi
en ek pleit dit by jou – 11En hierdie mense was
edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle
welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of
hierdie dinge so was.[25] Ondersoek die Bybel, dit mag
dalk net tot die belangrikste dag in jou lewe lei.
Ek plaas die genoemde Artikels van die
Nederlandse Geloofsbeleidenis hier vir maklike verwysing
Nederlandse
Geloofsbeleidenis :
Artikel 34: Ons glo en bely dat Jesus Christus, wat die einde van
die wet is, deur sy bloed te stort ’n einde gemaak het aan elke ander
bloedvergieting wat die mens tot versoening of voldoening van die sondes sou
kan of wil aanbied. Hy het die besnydenis wat met bloed gepaard gegaan het,
afgeskaf en in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel. Deur die
doop word ons in die kerk van God opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde
godsdienste afgesonder om heeltemaal sy eiendom te wees en sy merkteken en
vaandel te dra. Dit dien vir ons tot ’n getuienis dat Hy ewig ons God en
genadige Vader sal wees. Daarom het Hy beveel om almal wat sy eiendom is, net
met gewone water in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees te
doop. Hy toon ons daarmee dat, soos water die vuilheid van ons liggaam afwas as
dit oor ons gegiet word, en soos die water op die liggaam van die dopeling
gesien word wanneer dit daarop gesprinkel word, so bewerkstellig die bloed van
Christus deur die werking van die Heilige Gees dieselfde inwendig in die siel:
dit besprinkel die siel en reinig dit van sy sondes en laat ons, wat kinders
van die toorn is, as kinders van God weergebore word. Dit gebeur nie deur die
uitwendige water nie maar wel deur die besprinkeling met die kosbare bloed van
die Seun van God, ons Rooisee waardeur ons moet trek om aan die slawerny van
Farao, dit wil sê die duiwel, te ontkom en om in die geestelike land Kanaÿaun
in te gaan. Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament dit wat
sigbaar is, maar ons Here gee wat deur die sakrament aangedui word, naamlik die
onsigbare genadegawes: Hy was ons siel, suiwer en reinig dit van alle vuilheid
en ongeregtigheid; Hy maak ons hart nuut en vul dit met alle vertroosting; Hy
gee ons egte sekerheid van sy Vaderlike goedheid; Hy beklee ons met die nuwe
mens en ontklee ons van die ou mens en al sy werke. Ons glo daarom dat iemand
wat tot die ewige lewe wil kom, slegs een maal gedoop moet word sonder om dit
ooit te herhaal, want ons kan tog nie twee maal gebore word nie. Hierdie doop
is nie alleen nuttig solank die water op ons is en ons dit ontvang nie, maar
ook vir ons hele lewe. Daarom
verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een
doop wat hulle een maal ontvang het nie, en wat bowendien ook nog die doop van
gelowiges se kindertjies veroordeel. Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort
te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die kindertjies in
Israel kragtens dieselfde belofte besny is as wat aan ons kinders gemaak is.
En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die
gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie. Daarom behoort
hulle die teken en die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen
het, soos die Here in die wet beveel het om hulle kort na die geboorte deel te
laat hê aan die sakrament van die lyding en sterwe van Christus deur vir hulle
’n lam te offer, wat ’n sakramentele heenwysing na Jesus was. Buitendien doen
die doop aan ons kindertjies dieselfde as wat die besnydenis aan die Joodse
volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige Paulus die doop die
besnydenis deur Christus noem.[26]
Artikel 28: Ons
glo—aangesien hierdie heilige vergadering ’n versameling is van hulle wat
verlos word en daarbuite geen saligheid is nie—dat niemand, wat sy stand of
status ookal is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag
hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te sluit en hulle daarmee
te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal—as lede van
een en dieselfde liggaam—aan sy leer en tug te onderwerp, die nek onder die juk
van Jesus Christus te buig en volgens die gawes wat God aan elkeen gegee het,
die broers in die opbou van hulle geloof te dien. En om dit beter te kan doen,
is dit volgens die Woord van God die plig van alle gelowiges om hulle af te skei
van hulle wat nie aan die kerk behoort nie, en hulle by die vergadering aan te
sluit, waar God dit ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van
regeerders daarteen wees en daarvoor die doodstraf of lyfstraf oplê. Daarom
handel almal wat hulle van hierdie ware kerk afskei of nie daarby aansluit nie,
in stryd met die bevel van God.[27]
Heidelbergse Kategismus:
Vraag 71: Waar het
Christus ons belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en Gees wil was as wat
ons met die doopwater gewas word ?
Antwoord: Met die instelling van
die doop, wat soos volg lui: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matt.
28:19); en: Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo
nie, sal veroordeel word (Mark. 16:16). Hierdie belofte word ook herhaal waar
die Skrif die doop die bad van wedergeboorte en die afwassing van die sondes
noem (Tit. 3:5; Hand. 22:16).[28]
Vraag 74: Moet die
jong kinders ook gedoop word ?
Antwoord: Ja, aangesien hulle net
soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is. Ook
aan hulle word nie minder as aan die volwassenes nie deur die bloed van
Christus die verlossing van sondes en die Heilige Gees, wat die geloof werk,
belowe. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die
Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word.
So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen, in die plek waarvan in
die Nuwe Verbond die doop ingestel is.[29]
[1] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ro
12:4–5). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[2] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., 1 Co
12:13). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[3] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Col
1:13). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[4] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Eze
36:24–27). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[5] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Jn
3:3–5). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[6] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ro
8:9). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[7] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[8] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[9] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ge
17:4). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[10] Die Bybel: Ou Vertaling.
(1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ge 17:7). Suffolk, England:
Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[11] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ge
17:8). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[12] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Je
31:31–33). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[13] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[14] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Tt
3:4–7). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[15] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Eze
36:25–27). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[16] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Eph
5:25–26). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[17] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ro
11:1). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[18] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ro
11:5). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[19] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Jn
3:14–16). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[20] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ga
3:6–9). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[21] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ro
10:8–13). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[22] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Jas
2:19). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[23] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., 2 Co
13:5). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[24] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., 1 Jn
4:1). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[25] Die Bybel: Ou
Vertaling. (1996). (electronic edition of the 2nd edition., Ac
17:11). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
[26] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[27] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[28] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.
[29] Belydenisskrifte.
(2001). Logos Bible Software.